MOSSELBAAI NUUS - Die Onderdorp Buurtwag hou op Dinsdag, 16 Oktober 'n spesiale jaarvergadering om 18:00 by die Santos Treinakkomodasie konferensiekamer.
Aangeleenthede oor grondwetlike vereistes vir lidmaatskap, aansluiting, herakkreditasie en die voortbestaan van sosialemedia groepe sal bespreek word.
Nog items op die agenda is: grondwetlike vereistes rakende maandelikse vergadering met lede van die buurtwag; vakante poste op die uitvoerende komitee van die Onderdorp Buurtwag; tesourier; operasionele/ projekte bestuurder; patrollie koördineerder; addisionele lede; instelling van nuwe strukture, om aanvullend tot patrollies en gemeenskapsveiligheid te verseker.
Dit is vir die uitvoerende komitee van die buurtwag belangrik om namens inwoners en in belang van inwoners en die gemeenskap op te tree.
Enige voorstelle word verwelkom en die publiek word uitgenooi om deel van die vergadering te wees en insette te lewer.
Kontak Martie Loubser, voorsitter (071 514 4501), Arthur Riordien, ondervoorsitter (082 702 2607) en Lindie Edwards, sekretaris (082 297 7165).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'