Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser het navrae ontvang aangaande die ondersoek teen munisipale raadslid, Faizel Porter betreffende die beweerde konfiskering van voedsel wat reeds verby die vervaldatum was.
In Januarie vanjaar is beweer dat Porter en ander lede van die politieke party, Patriotic Alliance (PA), onwettig die voedsel van spazawinkels in woonbuurte op Mosselbaai gekonfiskeer het. Videos van die voorval is op sosiale media gesirkuleer.
Die Advertiser het 'n navraag aan die munisipale raad gestuur.
Munisipale bestuurder Colin Puren het Maandag, 25 April, in 'n verklaring aan die Advertiser gesê: "Tydens die Mosselbaai munisipale raadsvergaderinggehou in Maart, is besluit dat 'n beweerde oortreding van die Gedragskode deur raadslid Faizell Porter na die Gedragskode-komitee verwys word vir ondersoek en om 'n aanbeveling aan die raad te maak vir oorweging.
"Die eerste vergadering van die kommitee was op 22 April. Die ondersoek is steeds in proses en sal 'n volledige verslag aan die raad voorgelê word na afloop van die ondersoek."
Vorige artikel: Actions against spaza shops are queried by public
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'