Update
TUINROETE NUUS - Die vrou wat op 1 Augus-tus in 'n motorbotsing by Glentana dood is, is geïdentifiseer as die 44-jarige Charmain Vermaak.
Vermaak het op die betrokke dag laatmiddag met haar wit Nissan Go op die pad na Glentana gery toe sy in 'n kop-teen-kop-botsing met 'n Mercedes betrokke was.
Die polisie op Groot-Brakrivier is steeds besig met die ondersoek en kon teen die ter perse gaan nie die oorsaak van die botsing bekend maak nie.
Vermaak het op Reebok gebly en het nie kinders gehad nie. 'n Nadoodse ondersoek is die afgelope week gehou en begrafnisreëlings sal nog getref word.
Lees 'n vorige artikel hier: 1 Killed in head-on collision
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'