MOSSELBAAI NUUS - Watertoevoer na die Island View-omgewing moet vir operasionele redes op Woensdag, 21 Julie onderbreek word.
Indien die weerstoestande dit nie toelaat op Woensdag nie, sal die onderbreking eers op Donderdag, 22 Julie plaasvind.
“Inwoners word versoek om daarop te let dat die water, wanneer die toevoer herstel word, kortstondig bruinerig mag vertoon omdat die pype moet deurspoel. Inwoners word geadviseer om liefs nie veral wit wasgoed te was nie totdat die water wat deurspoel weer deursigtig is,” berig die Mosselbaai-munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'