MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisiestasie ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n motorfietsryer gister, op Sondag, 2 Oktober in ‘n botsing betrokke was.
Die voorval het gister laatmiddag in Heiderand naby die winkelsentrum plaasgevind.
Die motorfietsryer is na wat verneem word deur ‘n goudkleurige voertuig getref.
Meer besonderhede is nie tans bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'