Kyk uit vir die Oliver Twist projek in volgende week se Mossel Bay Advertiser vir fotos van die skenkings.
Daar is egter nog groot leemtes wat gevul moet word en ons doen 'n beroep op alle besighede en die publiek om by ons "Oliver Twist"-projek betrokke te raak.
U bydraes sal 'n kind in nood kan help, en kan by ons kantore in Kerkstraat afgelewer word.
Hou die Mossel Bay Advertiser weekliks dop om te sien watter skenkings ontvang is.
Chanees Dagsorg
Chanees Dagsorg is in 2001 in Protea Park, Mosselbaai gestig nadat Mev Alma April die dringende behoefte in haar gemeenskap opgelet het. By Chanees word daar tans, met die hulp van net drie familielede, omgesien na 24 babas en kinders tussen die ouderdomme van twee maande en 16 jaar. Sommige kindertjies word slegs bedags versorg. Ander, so hartseer as wat dit is, word weens swak huislike omstandighede nooit in die aande afgehaal nie. Elf kinders is permanent in Alma se sorg. Chanees bied, ongeag vergoeding, vir hulpbehoewende kinders 'n veilige hawe...
Chanees benodig:
*Beddegoed, doeke, bottels, klere en bedjies vir babas
*Enkelbed-beddegoed en kussings
*Handoeke, shampoo, seep, tandepasta, waslappe en toiletpapier
*Kinderskoene
*Plastiek eetgerei
*Speelgoed vir seuntjies
*Poeiermelk, pasta, rys, koffie, suiker
*Klein tafeltjies en stoeltjies
*"Wendy"-huis vir buite
*Potte en panne
Daar is ook 'n 9-jarige fisiek gestremde dogtertjie wat dringend nommer 5 grootte doeke benodig.
Khazimla Dagsorg
Khazimla Dagsorg is in 2008 gestig en is geleë in Bantomstraat, in KwaNomqaba. Mev Maria Sitsshangaye is die dinamiese vrou wat, met net twee helpers, sowat 30 kinders tussen die ouderdomme van drie maande en drie jaar daagliks versorg. Khazimla streef daarna om die kinders na die beste van hul vermoë te versorg, maar sonder sekere basiese benodigdhede gaan dit soms broekskeur, en is daar nie eens melk vir al die baba's nie...
Wat Khazimla werklik nodig het:
*Baba-stootwaentjies, -bedjies, -doeke, -bottels, en dies meer
*Plastiek eetgerei
*Poeiermelk, mieliemeel, blikkieskos, rys.
*Kratte om speelgoed in te hou
*Sagte speelgoed
*Papier en vetkryt
*Handdoeke, seep, toiletpapier
*Doeke en vullisdrom vir doeke
*Klein tafeltjies en stoeltjies
*Opwasmiddel vir skottelgoed
*Opvoedkundige plakkate in Xhosa
*Baba leesboekies (Xhosa)
*Verwarmer en ketel.
Sandkasteel
Die Kenani ACVV se Sandkasteel Kleuterskool het in die laat 70's ontstaan, destyds waar Milkwood vandag geleë is. In 1995 het mev Diane de Jager die nuwe skoolgebou ingehuldig op die hoek van Seemeeuplek en Schoemanstraat. Daar is tans 55 kinders, waarvan vyf in nasorg tot Gr 7 is. Daar is ses personeellede onder leiding van splinternuwe skoolhoof, mev Elize Wolmarans. Sandkasteel skiet ook op verskeie gebiede tekort...
Op Sandkasteel se wenslysie:
*Verf vir die klimrame
*Opskeplepels, elektriese klitser en laaikas vir eetgerei
*Opvoedkundige en fantasie speelgoed
*Buite speelgoed soos balle en hoola-hoops en skopfietse.
*Materiaal en sterk plastiek
*Opvoedkundige plakkate en swart skryfborde
*Storieboeke en skryfbehoeftes
*Smeergoed vir toebroodjies, aanmaakkoeldrank, en pap
*Papierborde, toiletpapierhouers, gekleurde paper
*Babadoeke en 'n vullisdrom vir doeke
* baba-bedjies, -lakens, -stoeltjies, "padded rings" en vullisdrom vir babadoeke.
*Poppekas, handpoppe en speelgoedkaste
*Sonsambrele, gordyne/blindings
*Stofsuier, DVD-speler en DVD's
*Laaikas, yskas, traliewerk en pophuisies vir buite.
Khazimla Dagsorg