TUINROETE NUUS - Drie-en-veertig leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale het aan die jeugskou se Wes-Kaapse kampioenskap op Bredasdorp deelgeneem.
Hulle het in die klasse wolskape, vleisskape, veselbokke, pluimvee, melkbeeste en vleisbeeste asook in kookkuns gekompeteer.
Na afloop van die kampioenskap is 16 Oakdalers in die WP-span ingesluit.
Hulle sal in September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Vryburg gaan deelneem.
Hierdie Oakdalers is in die WP-span ingesluit.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'