MOSSEL BAY NEWS - Mosselbaai Toerisme se nuwe bestuur vir 2017/2018 is pas verkies.
Te danke aan sy harde werk die afgelope jaar, is Werner Kok weer eens tot voorsitter verkies van die groep wat moet toesien dat Mosselbaai steeds die bestemming van voorkeur bly by beide binnelandse en buitelandse toeriste.
Anders as afgelope jaar, sal twee gemeenskapsverteenwoordigers oudergewoonte weer in die komende jaar op die nuwe raad dien.
Die raad het ook kennis geneem van Mosselbaai Toerisme se hoofbedryfsbeampte, Marcia Holm, se aftrede.
Kok het aangedui dat kollegas en die raadslede vandag, Vrydag, 27 Oktober amptelik van Holm afskeid neem.
Holm het sedert 2009 as hoofbedryfsbeampte die leisels by Mosselbaai Toerisme gehou en tree op Dinsdag, 31 Oktober na jare van toegewyde diens amptelik af.
Werner Kok (links) is herkies as voorsitter van Mosselbaai Toerisme. Hy is ook verantwoordelik vir die portefeulje hotelle en oorde, Marika Thomatos (besighede), Rene Malan (gastehuise),George October, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, Jeanetta Marais (selfsorg) en Gerhard van Rooyen (aktiwiteite). Thembalethu Faku en munisipale raadslede Mark Furness en Venolea Fortuin was afwesig toe die foto geneem is. Foto: Louis Cook
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'