Die volgende projekte is geïdentifiseer en sal in oorleg met die plaaslike owerhede, in die groter Mosselbaai-omgewing geïmplimenteer word, naamlik ‘n uileprojek, die aanplant van inheemse bome met die nodige identifikasie, en ‘n fynbos-bewaringsarea.
Persone wat belangstel om betrokke te raak, word vriendelik genooi om in te skakel en/of insette te lewer om hierdie projekte te ondersteun om ons dorp en omgewing deur natuurverwante besienswaardighede verdere blootstelling te gee.
Vir meer inligting kan Melinda, by die SJB-kantore in Lofty Nelstraat 5, Voorbaai, besoek word, of skakel haar by 044 6952319, 086 606 5069 (faks) of info@suidkaapjagters.co.za (epos).
Die SJB beskik ook oor ‘n webtuiste (www.suidkaapjagters.co.za) waar waardevolle inligting bekom kan word oor bewaringsprojekte, aansluiting, jaglisensies, jagpakette, skietdae en opleidingsessies vir laer- en hoërskoolleerders in die vorm van veldskole, skietopleiding, junior jagopleiding met ‘n nasionaal- erkende sertifikaat asook senior opleiding.
Die nuwe bestuur van die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging - van links, voor: Alvin Hayes (president) en Neels Meyer (voorsitter / junior opleiding). Agter: Louis Welman (sekretaris), Len Nel (bestuurder natuurbewaring / boogskiet), Wynand Fourie (bestuurder senior opleiding / skietdae), Gert Lerm (streeksbestuurder Karoo-Wes / Noord), Wilhelm Zietsman (streeksbestuurder Kus-Wes) en Arthur Lilford (streeksbestuurder Kus-Oos). Afwesig: Mike Huber en Joe Verwey.