MOSSELBAAI NUUS - Die Onderdorp-buurtwag het onlangs vier basisradiostelle aan die Mosselbaai-polisiestasie oorhandig.
Die radiostelle gaan in polisievoertuie geïnstalleer word sodat die polisie en die buurtwag nog beter kan saamwerk.
Hier is Martie Loubser van die Onderdorp-buurtwag by ao Heinrich Schoultz en kapt Seppie September.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'