MOSSELBAAI NUUS - Yolandi Claassens, bekend vir die welwillendheidsprojekte wat sy in Mosselbaai aanpak, het onlangs haar 2019 Dankseggingsprojek geloods.
Die fokus hierdie jaar is onderklere en sokkies vir seuns en meisies tussen drie jaar en 18 jaar oud.
Daar is 'n groot behoefte aan spesifiek onderklere en sokkies, en sy vra daarom inwoners om die projek te ondersteun.
Wat om te doen
Koop gerus nuwe onderklere en/of sokkies koop, maak 'n bydrae, of bemark die projek deur vir ander daarvan te vertel en te motiveer om dit te ondersteun.
Pretdag
'n Pretdag met spanbouspeletjies wat lewensvaardighede op 'n prettige manier oordra, word ook beplan. Daar is egter borgskappe nodig vir middagete vir sowat 150 persone.
Die insamelingsprojek vir sokkies en onderklere eindig op 8 Mei, terwyl die pretdag vir 11 Mei beplan word.
Kontak Yolandi Claassens (083 978 3913) vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'