MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-polisie en die GPF-bestuur het op Maandag, 19 Desember 10 van die 11 nuwe konstabels verwelkom.
Hulle gaan voort met hul praktiese opleiding by Mosselbaai-polisie waar beamptes hul prakties gaan lei en wys hoe polisiëring en kliëntediens werk in die dienssentrum, selle, howe en speurdiens.
Hulle gaan ook opleiding in openbare orde polisiëring in die Eden-area ontvang. Hierdie praktiese gedeelte sal duur tot einde Junie waarna dié lede uitgeplaas sal word na hul onderskeie afdelings binne die SAPD organisasie in die Eden-distrik.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'