MOSSELBAAI NUUS - Die rommel- of herwinningsgaarders is vir baie inwoners 'n probleem omdat die idee bestaan dat hulle deels bydra tot misdaad wat in baie buurte toegeneem het.
Die afvalbestuurafdeling van die Mosselbaai-munisipaliteit het 'n program geloods om die gaarders op te voed oor probleme wat hul rommelgaardery kan veroorsaak.
Die munisipaliteit kan nie kennisgewings aan hulle uitreik nie, want die Grondwet bied alle Suid-Afrikaners vryheid van beweging.
Die program sal die gaarders inlig oor die uitdagings wat hul gedrag, soos om afvalsakke oop te skeur en die vullis buite die sakke te laat, veroorsaak. Die munisipaliteit sal ook 'n databasis vir die gaarders skep en onderhou.
Die gemeenskap word weer eens aangemoedig om nie hul vullissakke op die sypaadjies uit te sit lank voor die geskeduleerde verwydering nie. Die wegdoen van goed van waarde in die gewone huishoudelike afval wat vir die gaarders aanloklik, óf kan wees, óf maklik verkwansel kan word, dra by tot die probleem.
Die munisipaliteit steun die konsep vir hergebruik, vermindering en herwinning om afval te minimaliseer en versoek inwoners om hiermee te help.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'