MOSSELBAAI NUUS - Amanda Bester, 'n bekende visueel-gestremde vrou van die Mosselbaai area, het onlangs 'n nuwe gidshond gekry.
Odie, 'n goue apporteerhond (golden retriever), is volgens Bester 'n saggeaarde, vriendelike hond en is bykans twee en 'n half jaar oud.
'n Proses van aanpassing lê nou vir Bester en Odie voor. Pieter van Niekerk, die skakelpersoon van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging, wat reeds agt gidshonde in sy lewe gehad het, sê dit sal sowat vier maande neem voor Bester sal weet of die verhouding tussen haar en Odie gaan werk.
Bester se vorige gidshond, Reo, is onlangs, op ses-jarige ouderdom aan beenkanker (osteo-sarkoon) dood.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'