MOSSELBAAI NUUS - Dinge wikkel by die KwaNonqaba-polisiestasie waar die Mosselbaai-munisipaliteit onlangs nie net die vervalle ou heining agter die kantore vervang het nie, maar ook die voorkant van die stasie behoorlik met 'n nuwe pallisadeheining verbeter het.
Boonop is die goeie nuus ontvang dat die probleme wat die polisiestasie vir jare reeds met elektrisiteitstoevoer ondervind het, hopelik eersdaags iets van die verlede gaan wees.
Na verwagting sal die kontrakteur, MTDJ Projects van George, nog hierdie maand op terrein wees om die nodige aansluitings en korreksies te doen.
Die personeel verbonde aan die KwaNonqaba-polisiestasie het hul dank teenoor die munisipaliteit en die tersaaklike departemente uitgespreek vir die opgraderings wat aan die stasie gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'