MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Splinternuwe boot, die St Blaize Rescuer, is vanoggend op eg tradisionele NSRI-wyse ter water gelaat in Mosselbaai.
Stasiebevelvoerder Andre Fraser het saam met National Lotteries se Marcelle Musson die St Blaize Rescuer met 'n bottel sjampanje gedoop nadat Pastoor Arno van der Pol die seën oor die boot en bemanning uitgespreek het.
Kyk 'n video hieronder.
Bemanning en gaste tydens die inseën van die St Blaize Rescuer.
Marcelle Musso en Andre Fraser doop die boot met vonkelwyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'