HARTENBOS NUUS - Ina Smit van Bernina, Mosselbaai, het die lede van die Hartenbos VLV-tak tydens hul onlangse vergadering met die mooiste naaldwerk-items verras.
Ina het ook die nuutste Bernina-omkapmasjien tydens die geleentheid bekendgestel.
Die lede het die geleentheid baie geniet en heerlik saam gekuier.
Die Hartenbos VLV-tak het onlangs 'n pragtige tee-net wat met uitstaande kralewerk versier is, uitgeloot. Wendy-Lee Berning (regs) van Glentana is die gelukkige wenner daarvan. Hier oorhandig Rita Botes wat die pragtige tee-net gemaak het Wendy-Lee se prys aan haar.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'