Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se splinternuwe Offshore Rescue Craft (ORC) het gister, 6 Junie, by Mosselbaai-hawe aangedoen onderweg na sy nuwe tuiste by Stasie 19 op Richardsbaai aan die Kwazulu-Natalse noordkus.
Die boot is in Kaapstad deur Two Oceans Marine Manufacturing gebou en na alle sertifiserings afgehandel is, is die boot te water gelaat om 13 uur later Mosselbaai aan te doen.
FOTOGALERY: Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se splinternuwe Offshore Rescue Craft (ORC)
Met die naam Ocean Guardian was sy baie dors en het sy sowat 1500 liter diesel in haar buik ingeneem om die ingeboude Cummings-enjin aan die gang te hou. Vanaf Kaapstad is dit ongeveer 918 seemyl (1700km) tot op Richardsbaai.
Die boot is 14.8m lank en 4.8m wyd en met 'n reikwydte van sowat 100km van die kus, sal sy vir soek-en-redding operasies ingespan word. Sy het 'n leeftyd van ongeveer 40 jaar.
Dié ORC, waarvan 'n hele paar reeds in gebruik is, is 'n eg Suid-Afrikaanse produk.
Die Oceans Guardian het vanoggend, 7 Junie, ongeveer 04:00 vertrek uit Mosselbaai op haar nooiensvaart na Richardsbaai.
Die reddingsboot het vanoggend, 7 Junie ongeveer 04:00 uit Mosselbaai vetrek na Richardsbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’