Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Verteenwoordigers van die onderskeie nooddienste in Mosselbaai het vanoggend aan 'n optog deur die middedorp van Mosselbaai deelgeneem ter viering van internasionale Brandweerdag.
"Dit is vir brandbestryders 'n geleentheid om erkenning te kry vir die onbaatsugtige diens wat hulle, in samewerking met ander nooddienste, aan die gemeenskap lewer om inwoners se lewens te red en hulle veilig te hou," sê die stasiebevelvoerder van Mosselbaai se Brand en Rampbestuursdienste, Ann Supra-Virtue.
Sy sê verdere verrigtinge om die dag te vier sal op George plaasvind waar verteenwoordigers van alle brandweerdienste in die provinsie later vandag aan optogte sal deelneem.
Môre sal verrigtinge by die Garden Route Mall onder meer die Brandweerspele en 'n potjiekoskompetisie insluit.
Mosselbaaiers word genooi om hul brandbestryders by hierdie spele te kom ondersteun.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO: DAVE VAN DER MERWE
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'