MOSSELBAAI NUUS - Henry le Fleur van Jonkersberg is die jongste ontvanger van 'n groente-akker wat volgens sy behoefte as 'n persoon met gestremdheid gebou is.
Le Fleur was oorstelp van vreugde toe 'n groep vrywillige bouers, die departement van korrektiewe dienste en die Mosselbaai-munisipaliteit by sy huis opdaag om die akker te bou.
Le Fleur is rolstoelgebonde en was kennelik opgewonde daaroor om sy eie groente binnekort met meer gemak te kan verbou.
Hy het boonop 'n nuwe elektriese ketel ontvang, nadat raadsheer Niklaas Booisen van Le Fleur se dilemma, dat hy reeds 'n maand lank sonder ketel sit, te hore gekom het.
Booisen is 'n lid van die burgemeesterskomitee en sy portefeulje is gemeenskapsdienste.
Henry le Fleur en die span wat sy hart verbly het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'