MOSSELBAAI NUUS - Nóg sewe woongebiede in Mosselbaai wat voorheen beurtkrag vrygespring het, sal vanaf 3 Maart aan verminderde kragtoevoer blootgestel word.
Dié aankondiging is vanoggend op Donderdag, 23 Februarie deur Mosselbaai se burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé tydens ‘n raadsvergadering bekend gemaak.
Hierdie woongebiede is: Island View, Vogelsang, Mosselbaai Gholflandgoed asook die gholfklub, Village on Sea, insluitend Ocean Ridge, Blombos en Santos Haven.
Die aankondiging volg nadat inwoners en besigheidseienaars in die Mosselbaai-munisipalegebied wat wel beurtkrag kry, sedert Sondag, 19 Februarie aan fase-6 blootgestel is.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'