Kst Heinrich Hansen het die persoon, wat op 'n ander klag by die hof was, suksesvol gearresteer. Tik ter waarde van ongeveer R4 500 is op die persoon gevind.
'n Paar weke gelede is dwelms aan 'n persoon tydens 'n SAPS bedekte optrede verkoop. Later het die persoon wat vandag in hegtenis geneem is, weer op bestelling 'n groot hoeveelheid dwelms aan die SAPS verkoop.
Dwelmsmokkelaars werk tans meestal op bestelling. Smokkelaars hou deesdae water by hulle en los die dwelms daarin op wanneer hulle polisie optrede vermoed om arrestasie te voorkom. Die opgeloste dwelm kan nie verhandel nie.
Tik is uiters verslawend en ouers word sterk teen hierdie dwelm gewaarsku. Die SAPS versoek ouers en die gemeenskap om enige verdagte optrede onmiddellik by 044 606 2800/5 te rapporteer.
Kol. Haggard, bevelvoerder van die Mosselbaai SAPS, verseker die gemeenskap dat die polisie deurentyd bedag is op verdagte optrede en geen genade aan dwelmhandelaars sal betoon nie.

Die Tik.