MOSSELBAAI NUUS - Die NG Kerk Danabaai hou Saterdag, 30 Okotober, vanaf 08:00 tot 14:00 basaar.
'n Woordvoerder vir die kerk sê: "Ons nooi almal hartlik uit om 'n bietjie uit te kom en ons jaarlikse basaar by te woon.
"Bring stoele en kom kuier saam met ons buite, onder die bome by die kerk.
"Al die lekkernye wat net by basaars te kry is, sal daar wees. Die pannekoeke sal julle al van ver af ruik, om nie te praat van die kerrie en rys, vetkoeke met maalvleis, boereworsrolle en sosaties nie.
"Koek, brood, pasteie, poeding en nog vele meer rond alles af. Die wit olifante bly treffer. Daar is maalvleis (steak mince) beskikbaar vanaf 10:00.
"Bring jou vriende en familie. Ons sien so uit om julle te ontvang."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'