MOSSELBAAI NUUS - Nege motoriste is verlede naweek tussen 15 en 17 Julie in hegtenis geneem vir dronkbestuur.
Dit is die resultaat van samewerking tussen die Mosselbaai-munisipaliteit se verkeersdienste, provinsiale verkeersdienste en die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
Portefeuljevoorsitter vir gemeenskapsveiligheid, raadslid Leon van Dyk, sê die munisipaliteit en sy medewerkers het geen toleransie vir dronkbestuurders nie. "Ons sien meer padongelukke, wat aanleiding gee tot skade aan munisipale-infrakstruktuur, beserings en ook sterftes. Dit is bekommerenswaardig en daarom gaan die munisipaliteit en sy medewerkers ernstig optree teen oortreders wat die wet oortree. Ons gaan skoonmaak."
Van Dyk het gemaan dat die munisipaliteit se sogenaamde Booze Bus, waar motoriste se bloedalkoholvlak getoets word, toenemend gebruik gaan word.
Die verdagtes word aangekla van dronkbestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'