MOSSELBAAI NUUS - Tydens die St Blaize Naaldwerkgilde byeenkoms op Vrydag, 14 Februarie het die lede geleer hoe om die beste blomme uit 'n orgidieë te kry.
'n Mosselbaaier, slegs bekend as Lafras het met die vertroeteling van sy orgidieë as ‘n stokperdjie begin kort na sy aftrede as elektrisiën.
Sy stokperdjie het uitgebrei na meer as 1 000 plante in sy agterplaas. Lafras het die lede gewys hoe om hul orgidieë te laat blom.
Die St Blaize Naaldwerkgilde se maandelikse byeenkomste sal voortaan by die Hartenbos Versorgingsoord gehou. Die volgende byeenkoms is op 13 Maart.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'