MOSSELBAAI NUUS - ’n Besonderse, top-gehalte Kerskonsert vind hierdie Desember reg hier in Mosselbaai plaas.
Op Woensdag, 23 Desember gaan ’n unieke kombinasie musikante hoop gee ná hierdie baie, baie moeilike jaar.
Jan de Wet, die talentvolle digter, liedjieskrywer en gospelsanger, het geen bekendstelling nodig nie. En wanneer hy talente saamsnoer met die gewilde liriese sangpaar die Coffee Snobs, gebeur iets wonderliks.
’n Verskeidenheid van ander plaaslike musiektalent sal ook die aand optree. Dit beloof om ’n fees van hoop en lofprysing te wees met ’n samestelling van oorspronklike en bekende Kersmusiek.
Die konsert vind by die Dias Museum plaas en begin 19:30. Deure open 18:00. Kaartjies, teen R150 per persoon, is gedurende weeksdae tussen 09:00 en 14:00 by die Espresso Spot in die Dias Museum beskikbaar. Telefoniese besprekings en aanlynbetaling is beskikbaar.
Verdere inligting kan by Abé Meintjes (083 268 3718), bekom word. Let asseblief op dat weens Covid-19 daar slegs 50 sitplekke beskikbaar is. Bespreking is noodsaaklik.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'