Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die vyfde Tarka Straatfees die afgelope naweek is gekenmerk aan vele gesigte, uitstekende vermaak en woelige strate.
Nie eens die effe reënerige weer kon die feesatmosfeer demp nie.
Komedie, dans, sang, jazz- en blaasorkeste, trompoppies, 'n skoonheidskompetisie vir vroue met voller figure, heerlike lekkernye by die stalletjies, 'n boekbekendstelling en nog meer het hierdie viering van een van Mosselbaai se oudste woonbuurte, besonders gemaak.
Feesgangers het met oorgawe deelgeneem aan die verskeidenheid aktiwiteite.
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'