Update Video
MOSSELBAAI NUUS - "As ons in liefde leef sal dit beter met ons gaan." Dit is die wyse woorde van 'n bejaarde vrou wat Maandag, 29 Maart haar 100ste verjaarsdag gevier het.
Johanna Catarina (Hannie) Barkhuizen, gebore in 1921 en inwoner van Hartenbosheuwels sê dat as jy baie liefde gee sal jy seëninge ontvang.
Gebore en getoë in Knysna en later jare 'n bekende inwoner by Villa Sierra in George, het sy net meer as 'n jaar gelede op Hartenbos kom bly.
Op 98 het die gehoor in die een oor so bietjie probleme begin gee en nadat sy geval het, verkies sy om met 'n loopraam rond te beweeg.
Tannie Hannie se geheue is nog baie skerp. Sy onthou alles van haar kleintyd tot elkeen van haar kinders se selfoonnommers en geboortedatums. Met vier seuns, Stanley (80), Arthur (78), Koos (75), Salmon (61) en dogter Martha van Eck (71) is sy geseënd dat al haar kinders nog leef.
Sy spog ook met 12 kleinkinders en 14 agterkleinkinders.
Sy het haar man, Sarel in 2002 aan die dood afgestaan na hulle 62 jaar getroud was. As jarelange huisvrou het sy vir niks teruggestaan nie. Haar familie en vriende is alles in haar lewe.
Drie van haar kinders en kleinkinders het uit verskeie dele van die land gekom om die verjaardagviering Maandag by te woon.
Tannie Hannie, vriende en familie het gesillig by haar seun Arthur se huis op Hartenbos waar sy tans bly, gekuier. Later die middag het hulle 'n diens en nagmaal gehou en musiek gemaak.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: 'n Eeu van liefde gee
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'