MOSSELBAAI NUUS - "As ons in liefde leef sal dit beter met ons gaan." Dit is die wyse woorde van 'n bejaarde vrou wat vandag, Maandag, 29 Maart haar 100ste verjaarsdag vier.
Hannie Barkhuizen, inwoner van Hartenbos Heuwels sê dat as jy baie liefde gee sal jy seëninge ontvang.
Gebore en getoë in Knysna en later jare ‘n bekende inwoner by Villa Sierra in George, het sy net meer as 'n jaar gelede op Hartenbos kom bly.
Op 98 het haar gehoor so bietjie probleme begin gegee en nadat sy geval het, verkies sy om met 'n loopraam rond te beweeg.
Tannie Barkhuizen se geheue is nog skerp. Sy onthou alles van haar kleintyd tot elkeen van haar kinders se selfoonnommers.
*Lees meer in die Mossel Bay Advertiser en aanlyn op 1 April. ‘n Video is Donderdag beskikbaar aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'