MOSSELBAAI NUUS - Die Suid-Kaap Fynproewersgilde het die eerste virtuele demonstrasie in die geskiedenis van die fynproewersgilde op Donderdag, 14 Mei gehou.
Dit was op inisiatief van die voorsitter, Ena Jacobs.In die industriële kombuis van die Bahia Blue Café (Diaz-hotel) was sjef Emil Nel om 09:00 gereed vir aksie voor sy selfoon, staangemaak op ‘n self-geprakseerde driepoot.
Die gildelede het snoesig tuis voor hulle tablette en rekenaars, aangeteken op die gilde se facebook-blad.
Sjef Nel het tydens die demonstrasie winterkos gemaak. Hy het kykers aangeraai om van bestandele wat reeds in die koskas is gebruik te maak, weens die inperking.
Sy eerste dis was Franse uiesop wat met naanbrood bedien is. Daarna het hy sitrus-neutbottersous gemaak waarna die demonstrasie afgesluit is met 'n gemmerpotpoeding.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'