Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Khana-tweeling is 6 Maart 2021, 74 jaar gelede op 'n plaas in die Buisplaas-omgewing gebore.
Vandag nog woon Christina en Francina naby mekaar in Uitbreiding 13 en kuier hulle oor en weer. Die twee bestuur nie meer nie, hulle stap sommer.
Hulle was 10 Khana-kinders, maar vandag is net vier susters, waarvan hulle twee is, oor.
Vóór hulle, meen die twee, was daar slegs twee tweelinge in die familie. Maar ná hulle geboorte, is daar soveel tweelinge gebore dat hulle self tred met die getalle verloor het.
Beide van hulle is van jongsaf lief vir 'n rookdingetjie, maar ten spyte daarvan, is hulle gesondheid goed. Behalwe vir die "gewone goed soos artritis", berig hulle.
Francina Windvogel is getroud en het twee kinders, 'n seun en 'n dogter. Christina Khana is ongetroud en het twee dogters.
Beide is betrokke by hulle kerk en baie gelowig, maar kleintyd "was hul saam stout gewees en het hulle saam pak gekry", prettige herinneringe wat dié twee susters aan die gesels hou.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'