Ons doen egter ons uiterste bes om nige ongerief te elimineer of dan te minimaliseer, maar doen terselfdertyd ‘n beroep op die gemeenskap om ons en die ander deelnemers aan die Buff gedurende die Buffalo Rally-naweek te verdra. Ons is daarvan bewus dat een van die grootste vabonde gedurende die naweek die “revving” van motofietse laataand en in die vroeë oggendure is. Ons wil u die versekering gee dat ons ons uiterste bes doen om ‘n einde hieraan te maak, maar met ‘n geleentheid van hierdie aard en grootte, saam met die grootte van die kampterrein waar die deelnemers byeenkom, is dit amper onmoontlik om totale beheer uit te oefen oor mense se gedrag.
Soos in die verlede, hoop ons dat die inwoners van Mosselbaai, saam met die besoekende motorfietsryers die naweek ewe veel sal geniet.
Ons nooi die publiek om by ons aan te sluit by die Garden Route Casino op Saterdag, 18 Maart om 12:00 om ‘n paar spogmotorfietse te kom besigtig. Die waagtoertjies van die bekende Le Riche-broers op hulle motorfietse is ook weer een van die hoogtepunte tydens die Buff.
Die massarit vertrek vanaf die Santos-karavaanpark om 11:00 en beweeg in ‘n sirkelroete via die Punt, KwaNonqaba en weer terug na die kampterrein.
Lede van die publiek moet net kennis neem dat die parkeerarea by De Bakke gedurende die Buffalo Rally gesluit sal wees.