MOSSELBAAI NUUS - Sarah Smith, reeds die afgelope 17 jaar 'n inwoner van Benevolent Park, het op Sondag, 20 Februarie 90 jaar oud geword.
Sy het ses susters en is op Mosselbaai gebore. Haar oupa het uit Duitsland na Suid-Afrika gekom.
Sy is 'n ware boekwurm en kom uit 'n familie wie se gunstelingtydverdryf lees is.
Sy lees steeds 'n boek 'n dag. Sy is die ouma van twee kleinkinders en het een agterkleinkind.
Sarah Smith het op Sondag, 20 Februarie 90 jaar oud geword.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'