MOSSELBAAI NUUS - Die Dias-museumkompleks herdenk vanjaar sy 30ste bestaansjaar en, anders as in die verlede vind die vieringe op Saterdag, 2 Februarie om 12:00 in die museum plaas.
Die publiek word hartlik uitgenooi na 'n veelsydige program wat aangebied sal word. Die talentvolle en welbekende saksofoon speler, McCoy Mrubata, gaan saam met Precious Nkrumah en haar orkes en plaaslike kunstenaar, Petronel Baard optree.
Een van die jaarlikse hoogtepunte is die reuse verjaardagkoek wat spesiaal gebak word en na die program opgesny en uitgedeel word.
Hierdie jaar se koek is tot dusver nog 'n groot geheim, maar soos in die verlede, sal dit waarskynlik alle verwagtinge weer eens oortref.
Toegang tot die museum op Saterdag en Sondag is gratis vir Suid-Afrikaners.
Verlede jaar se massiewe koek. Foto: Tersia Marais
Die 2017-verjaardagkoek van die Dias Museum.Foto: Tersia Marais
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'