Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Menslike hulpbronbestuurders is dit eens dat 'n lae personeelomset tekenend is van 'n gesonde werkskultuur. Mosselbaai-munisipaliteit het onlangs verskeie beamptes tydens 'n spoggeleentheid in die stadsaal vir hul jare in diens van die gemeenskap vereer.
Twee personeellede het 'n allemintige 30 jaar as munisipale beamptes agter die rug. André Fraser, vir talle meer bekend as bevelvoerder van die Mosselbaai NSRI, het 'n onuitwisbare indruk op die personeelstruktuur van die munisipaliteit gemaak. Saam met hom het Josia Arries 'n toekenning vir 'n fenominale aantal jare diens ontvang.
Verskeie beamptes het ook erkenning gekry vir 25 jaar, 20 jaar en 15 jaar diens.
Die direkteur korporatiewe dienste, Edward Jantjies, was besonder bevoorreg om sy sertifikaat vir 15 jaar volgehoue diens direk van sy gade, Anita, te ontvang.
25 jaar diens
Die volgende beamptes het sertifikate ontvang vir 25 jaar ononderbroke diens: Daniel Jansen, Lizette Koen, Vincent Deon Kiewiet, Jasper Christoffel van der Linde, Anton Grundlingh, Werner Laufs, Lizette Ane Meyer, Neville Tarentaal en ChristoffelEngelbrecht.
20 jaar diens
Vier beamptes spog reeds met 20 jaar diens: Sonwabo Norman Mafuta, Charmaine Katrina Zelna Hendricks, Erika GeorginaOerson en Deon du Plessis.
15 jaar diens
Edward WilliamJantjies, Rodney NigelRoelfse, Nosiphiwo Constance Kawawa en Mariaan Louise Rhode het sertifikate ontvang ter erkenning van hul 15 jaar in diens van die munisipaliteit.
10 jaar diens
'n Heelwat groter groep beamptes is vereer vir die afgelope 10 jaar wat hulle getrou in diens van die munisipaliteit is: Gwynneth Jorine Anthony, Xoliswa Mildred Frans, Khawulezile Handana, Solomzi MichaelBeyi, Bert Gerhardus Pennekan, Florisde Kock, Francois EdwardConradie, Elwin Dean Fillies, Richard Daniel Gelderbloem, Luhain John Abrahams, Lizette Jolainede Kock, Memory Mpisekhaya Madolo, Norman Mario Prins, Trevor Marthinus Perel, John Mervin Lawack, MlungeleniMgadi, Henwell Lipho Bokwe, Leonard JacobusThesner, Zandisile MisheckGrootboom, Abrie Nel, Nadia Hunter, Henry Martin Bester, Tercia MandineLewaa, Maryke Maria Zeeman, Juanita Elizabeth Schutte, May Evelyn Drude, Uriel Dawid Graaff en Nompumelelo VanessaJende.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'