Die doel was om die hawelose mense bewus te maak van die belangrikheid om 'n gesonde lewe te lei, en hulle bedag te maak van die gevolge wat 'n roekelose lewenswyse op hul gesondheid kan hê.
Op Donderdag is 'n reeks toetse vir bloeddruk, suikersiekte en HIV/Vigs op 23 hawelose persone by die taxi staanplek in die middedorp van Mosselbaai gedoen.
Vyf hawelose mense is in Hartenbos op die Vrydag getoets.
Die publiek het ook belangstelling getoon en 44 persone is in die Mosselbaai middedorp getoets, en 40 in Hartenbos.
Die program vir die haweloses is in oorleg met die Departement van Gesondheid en me Alma Goeiman, ‘n veldwerker van The Haven-nagskuiling, uitgevoer.
Sister Bronwen Ortlied en Sister Cathy Smith hard aan die werk.