MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit se volgehoue pogings om verantwoordelik met vullis, veral gevaarlike vullis om te gaan, werp vrugte af.
Verlede week het die afdeling afvalbeheer ‘n ope dag vir die verwydering van asbes op Mosselbaai en Groot-Brakrivier gehou.
Inwoners van regoor die groter Mosselbaai het op hierdie manier van asbes ontslae geraak op ‘n koste-effektiewe manier.
Mosselbaai-munisipaliteit het weer eens die voortou geneem met die opedag vir asbesverwydering. Die geleenthede is gehou juis vanweë die sukses van die ope dae vir die verwydering van gevaarlike huishoudelike vullis wat gereeld gehou word.
Die volgende ope dae vir die verwydering van gevaarlike huishoudelike goedere word gehou op 7 en 8 Desember in onderskeidelik Mosselbaai en Groot-Brakrivier.
Die munisipaliteit nooi die gemeenskap om 044 606 5000 vir meer inligting oor asbesverwydering te skakel. Die tariewe vir asbes-afval is tans soos volg: R250 (kruiwavrag), R500 (bakkievrag) en R1 000 (meer as ‘n bakkievrag).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'