"Louis is net na 23:00 Saterdagaand weg," het die ma van sy kind, me Anja Roestorff, gesê. Olivier en Roestroff het 'n twee-jarige dogtertjie.
Mnr Olivier het glo die laaste paar maande by sy pa, ook Louis, in Heiderand gewoon.
"Dit was die beste tyd wat ek en Louis nóg saam gehad het. Ek bedank almal vir hulle ondersteuning en gebede in hierdie moeilike tyd.
"Louis was 'n diep gelowige mens. Ons glo hy is nou op 'n goeie plek," het sy pa aan die Advertiser gesê.
Familie en vriende van Louis kom vandag om 11:00 by die Hartenbos Begraafplaas bymekaar, waarna daar 'n diens in die Evangeliese Gereformeerde kerk in Heiderand gehou word.
"'n Goeie vriend en fantastiese pa vir sy kind gaan gemis word. Ons is baie lief vir hom."

Mnr Louis Olivier se motorfiets, wat hy skaars 'n paar maande gehad het voor die ongeluk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'