MOSSELBAAI NUUS - 'n Jong man op 'n bromponie is vanmiddag lig beseer toe hy teen ‘n motorvoertuig gebots het.
Die voertuig wou vanuit Marshstraat by Wassungstraat indraai toe dit teen teen die bromponie gebots het.
Volgens die polisie wou die man op die bromponie verbysteek toe die voertuig regs draai.
Die motorfietsryer is lig beseer en wou geen behandeling ontvang nie. Die ongelukstoneel is opgeklaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'