MOSSELBAAI NUUS - 'n Motorfietsryer wat Saterdagaand, 20 April omstreeks 18:00 met voertuig op Louis Fourieweg by die Shell Voorbaai gebots het, is vanweë die erns van sy beserings uiteindelik na 'n hospitaal in George oorgeplaas.
Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie het die 41-jarige bestuurder van 'n wit Nissan Sentra vanaf die vulstasie op Louis Fourieweg voor die motorfietsryer ingedraai wat vermoedelik die botsing tot gevolg gehad het.
Die motorfietsryer, 'n man in sy dertigs, is na die Mosselbaai provinsiale hospitaal geneem vir behandeling, waarna hy vanweë die aard van sy beserings, na George geneem is.
Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur na aanleiding van die voorval. Die ondersoekbeampte is sers A Binneman.
Ooggetuies staan die motorfietsryer by op die ongelukstoneel op Louis Fourieweg.
Die ernstig beskadigde motorfiets.
Vanweë die erns van sy beserings, is die motorfietsryer na 'n hospitaal in George oorgeplaas.
'Ons bring jou die nuutste Mossebaai, Tuinroete nuus'