Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Toyota Etios het Vrydagaand, 14 Augustus bykans teen 'n 60-70m afgrond op die Hamelkop-pad afgestort, nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
Reanza Gerber, onderwyseres by Laerskool Hartenbos en bestuurder van dié voertuig was geskok na die ongeluk, maar ongedeerd.
Motoriste wat kort na die voorval op die toneel afgekom het, het Reanza glo gehelp om uit die voertuig te kom. Hulle het haar by die voertuig se kattebak laat uitklim. 'n Man met 'n Toyota Landcruiser het by sy aankoms dadelik 'n ketting aan die Etios vasgemaak, waarna hy die ketting aan sy voertuig se sleephak gehaak om te voorkom dat die Etios by die afgrond afstort.
Gerber se man, Robert, 'n onderwyser by Hoërskool Punt, was ook op die toneel. Reanza was egter alleen in die Etios ten tye van die voorval.
Kyk 'n video hieronder:
Die voertuig is later deur Meyer-insleepdiens op sy wiele gebring en toe met kabels en kettings terug na die pad gesleep.
• 'n Inwoner van die Hamelkop-area het die Mossel Bay Advertiser Woensdag gekontak en gesê dat dié pad "baie sleg en vol gate is" en dat nog 'n inwoner van daardie area vroeër die week sowat 1km vanwaar bogenoemde ongeluk plaasgevind het, ook skade aan sy voertuig opgedoen het. "Niemand doen iets aan die pad nie nou is die inwoners die slagoffers."
Die bestuurder van hierdie voertuig meen die slegte pad het tot gevolg gehad dat hy ook skade aan sy voertuig opgedoen het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'