MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Memorable Order of Tin Hats (MOTH’s) van die Blaize Away MOTH Skulpie, het Sondag, 10 September, 'n gedenkparade by die Cenotaaf aan die Punt op Mosselbaai gehou.
Die ‘Border Boys’ parade wat jaarliks plaasvind, word gehou ter ere van alle lede van die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte wat die hoogste prys betaal het in militêre optredes aan die Namibiese grensoorlog en in ander buurlande vanaf 1966 tot 1990.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser met meer foto’s en ‘n video.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’