Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Tientalle eienaars van onder meer tuindienste en sekuriteitsdienste het vroegoggend in Mosselbaai byeengekom in protes teen die toenemende vlaag geweldsmisdade in die land.
Wat as 'n klein groepie ontstaan het, het vinnig uitgebrei tot bykans 30 besigheidseienaars en personeel.
Selfs die mense wat by die vullisstortingsterrein werk, het by die groep, wat na geestelike liedere geluister het, aangesluit.
Die groep is in aanbidding gelei deur ds Gielie Joubert.
Kyk video's hieronder:
Foto's van die byeenkoms:
By die Louis Fourie tiep.
Tuindienste eienaars het vroeg vanoggend vergader.
Wat as 'n klein groepie ontstaan het, het vinnig uitgebrei.
ARTIKEL, VIDEO'S EN FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUS REDAKTEUR EN TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'