Op Danabaai het die Demokratiese Alliansie ondersteuners met pannekoek getrakteer, terwyl by talle ander stemlokale die onderskeie partye 'n feestelike stemming met luide musiek en die uitdeel van gratis T-hempies bewerkstellig.
Vroeg oggend het kiesers nie in groot getalle opgedaag nie, maar namate die dag gevorder het, het die rye by die stemlokale langer geword.
FOTOGALERY
(1).jpg)
Mnr Thomas Richards was die eerste kieser by die stemlokaal op Danabaai. Hy is bygestaan deur Steven Vergotine, die voorsittende beampte, Corrie Thyssen en Melony Mckomering van die OVK.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'