Mieke Oosthuizen gaan drie drama-items en een dansitem lewer, en Antonét Vorster gaan aan loopplank en formele modelwerk deelneem, asook verskeie sangitems lewer.
Beide meisies word deur hul moeders vergesel. Elke deelnemer word by die openingsge-leentheid bekendgestel op die rooi tapyt en die kompetisie word afgesluit met 'n nege-uur lange prysuitdelingseremonie in die New Yorker hotel.
Uitvoerende Burgemeester Raadsdame Marie Ferreira het haar opgewondenheid oor hierdie Mosselbaaiers getoon en hul spesiaal sterkte toegewens tydens 'n onlangse byeenkoms in haar kantoor.
Vyf Mosselbaaiers is eersdaags in New York om deel te neem aan 'n internasionale talentkompetisie. Hier is (van links) Miné van Schalkwyk (Sterland Drama Studio en Talent Africa-spanleier), Mieke Oosthui-zen, Christelle Oosthuizen, Raadsdame Marie Ferreira, Terry Vorster en Antonét Vorster. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'