Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO'S - Mosselbaaiers kamp reeds van vroegoggend by die Punt uit om van 'n goeie plekkie verseker te wees om die skouspel van duisende motorfietse te geniet.
Oudergewoonte is jonk en oud, groot en klein, selfs 'n hond op twee deel van die opgewondenheid.
Die munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee sê geen probleme wat uit die byeenkoms voortspruit is gisteraand of vanoggend aangemeld nie.
Vandag kan ook die Concourse D'Elegance, met tientalle spoggerige motorfietse en die asemrowende toertjies van die Le Rich-broers by die Garden Route Casino gratis geniet word.
Vir ingeval jy dit gemis het, sien 2 video's hieronder van gister se afskop van die Buffalo Rally.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'