Update
MOSSELBAAI NUUS - Ainsley Hermanus (23) wat op 17 Julie uit Gariepdam waar hy op kontrak werksaam was, vermis geraak het, se liggaam is langs die N1 buite die dorp gevind.
Volgens inligting, het plaasinwoners in die omgewing die owerhede in kennis gestel van iets ongewoons wat teen die heining lê. Hermanus se liggaam is op Dinsdagmiddag by nadere ondersoek ontdek.
Hermanus se verdwyning het vandat dit rugbaar geword het, soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Sy ouers is na wat verneem word, vroeër vandeesweek na Gariepdam vanaf Mosselbaai.
Volgens inligting, het Hermanus 'n huis op Gariepdam met kollegas gedeel en het hy Saterdagaand, 17 Julie omstreeks 20:00 vermis geraak.
Dit volg nadat twee mans, wat hulle glo as wetstoepassers voorgedoen het by die huis opgedaag het en Hermanus wou ondervra. Die mans het saam na buite beweeg en toe Hermanus se huismaats hom later buite gaan soek, was hy en die twee mans skoonveld.
Pogings om Hermanus op sy selfoon in die hande te kry was tevergeefs, aangesien sy foon toe reeds afgeskakel was.
Vorige artikel: Mossel Bay man goes missing at Gariep in Free State
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'