MOSSELBAAI NUUS - Hierdie naweek gaan 'n Saterdagaand voor die kassie opwindend wees aangesien Mosselbaai en omstreke weer op die program, Leef Jou Reis op kykNet, kanaal 144 te siene sal wees.
Skuif gerus môre, 1 Mei om 19:30 reg om te sien wat die nimlike Gerrie Pretorius hierdie keer sal opdis.
Pretorius se hart klop warm vir Mosselbaai en vandaar sy pogings om toerisme na die dorp en omgewing te stimuleer. Die gospel-groep For Him het ook aan hierdie ronde verfilming deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'