MOSSELBAAI NUUS - Die aankoms van duisende motorfietsryers na Mosselbaai vir die jaarlikse Buffalo Rally veroorsaak altyd groot opwinding, selfs voor die eerste brullende motorfietse die dorp binnery.
In afwagting, het Sandkasteel-kleuterskool verlede week die Ulysses-motorfietsklub as hul gaste gehad om bietjie van die Buff-gees te kom deel.
Die kleintjies het hulle skopfietsies en ander rygoed saamgebring skool toe om te kan deel in die pret. Die lede van die klub het 'n mini massarit in die parkeerterrein gelei tot die toeskouers se vermaak.
Terwyl die klublede die kleuters vermaak het, is daar ook seker gemaak dat die oues van dae net langsaan Sandkasteel, by die Protea-aftree-oord deel is van die pret. Dalk nou nie agterop 'n motorfiets nie, maar as deel van die waarderende toeskouers.
Die kleingoed het seker gemaak dat hulle rygoed saamkom skool toe.
'n Mini massarit word gelei deur een van die klublede.
Alhoewel op die kantlyn, het die ouergarde die byeenkoms eweneens geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'