MOSSELBAAI NUUS - ‘n Gewapende rower wat ‘n slagoffer in Crookstraat in Mosselbaai se sakekern beroof het, is oomblikke ná die voorval deur op en wakker polisielede vasgetrek.
Die voorval het in die vroeë oggendure omstreeks 00:40 plaasgevind toe die polisie ‘n klagte ontvang van ‘n rooftog in aanvang.
Die drie polisielede wat reageer het, het ‘n verdagte wat aan die slagoffer se beskrywing voldoen in ‘n voertuig in Blandstraat vasgetrek waar hy weggekruip het.
Die verdagte man is deursoek en in hegtenis geneem toe ‘n gesteelde kontantbedrag, asook ‘n selfoon en ‘n speelgoedpistool, waarmee die rooftog gepleeg is in sy besit gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'